Sunét Hairstylist

Sunét het al op skool ‘n salon oorkant die pad by die ouetehuis gehelp vir ekstra sakgeld.  Na skool was sy nie seker wat sy wil doen nie maar het toe besluit om ‘n haarkursus te voltooi.  En nou, 20 jaar later, is dit haar lewe.  “Ek het per ongeluk daarin beland, en ek love dit! Ek sal dit weer kies!”

Sy het haar studies by Serwalo Hair Academy deeltyds voltooi terwyl sy haar vakleeringskap by Hair & Beauty Masters in Menlyn gedoen het.  Sy het by ‘n paar salonne voltyds gewerk maar uiteindelik in 2015 besluit om vir haarself te begin werk op ‘n rent-a-chair basis.  In 2019, 6 maande voor COVID lockdown, het sy besluit om ‘n salon by haar huis in te rig, en sy is steeds daar.

Volgens Sunét is die voordeel van rent-a-chair dat daar ‘n klankbord is waar jy nuwe idees en probleme kan bespreek – wat jy nie het as jy alleen van die huis af werk nie. “Ek wou ‘n veilige en huislike atmosfeer vir my kliente skep, waar hulle spesiaal voel en kwaliteit professional diens ontvang.”  Haar huis salon bied vir haar die vryheid om self te kan bepaal hoe sy dit wil bereik.  Vir haar is die persoonlike verhouding wat sy met elke kliënt bou, kosbaar en onvervangbaar.

Haar advies aan nuweling stileerders is:  “Kliënte is jou brood en botter: Show up on time, look the part and respect their time.”  Sy benadruk ook hoe belangrik dit is om op hoogte te bly van nuwe tegnologie en mode-giere en adviseer styliste om gereeld webinars en in-persoon opleiding by te woon.  “Goeie opleiding in die basiese kleur-beginsels is krities.  Jy moet die reeks waarmee jy werk 100% ken en verstaan.”  Sunét noem dat dit moeilik is om goeie kwaliteit verdere opleidingskursusse plaaslik te vind, en doen meeste van haar opleiding oorsee, wat baie duur is en somtyds op onmoontlike tye aangebied word.

Sunét doen ook weft-extensions, maar kleur is haar passie.  Sy gebruik uitsluitlik die Inebrya permanente kleur.  Sy het onlangs die Megix morph probeer:  “Dit is fabulous!”

Sy gebruik die Black Shine bleach.  Hy wend vir haar ongelooklik maklik en egalig aan en sy kan die mengverhouding aanpas na aanleiding van die gebruik sonder dat dit die eindresultaat nadelig beïnvloed.

Haar gunsteling retail reekse is die Blondesse Blonde Miracle en die No Yellow.  “Die No Yellow is die beste waarmee ek nog gewerk het van al die reekse.”  Die nuwe Shecare Glazed reeks is ook nou ‘n gunsteling op haar rak.  Sy verkies om nie ‘n te groot verskeidenheid reekse aan te hou nie, maar eerder te spesialiseer op reekse wat sy weet die werk kan doen.  Dit maak dit makliker om die produkte te bemark en te verkoop.

Sunét gebruik nie graag styling aids nie, maar verkies om haar stilering af te rond met die Sakura oil, die Blonde miracle drops of die STYLE-IN Crystal Beauty.

Sunét is verblydend oor die vordering in tegnologie wat die industrie bring.  Die eindverbruiker vereis Vegan, Paraben-vry en Sulfaat-vrye produkte wat nie skadelik is vir die omgewing nie, en Nebeau se produkreekse bied verbruikers genoegsame opsies om hulle vereistes te voldoen.

Posted in Uncategorised.